Al wat ek kan se, is: 'WOW'! Die Serengeti is rerig iets om oor te droom! Ons is vanoggend voor sonop uit die kamp opsoek na die katte van die Serengeti. Die hele 'trip' bou sekerlik al op na hierdie week en soos dit die hoogtepunt is, is ons vanoggend beloon met absolute briljante lig!
Die son wat oor die koppies opkom |
Die Serengeti is bekend vir sy groot hoeveelhede diere en hy het nie gehuiwer om vanoggend op te lewer nie. Toe ons die vlaktes slaan, lyk dit asof daar 'n golf zebras op ons afkom. Dit was duidelik dat daar nie net duisende wildebeeste hier voorkom nie, maar tog ook duisende zebras.
Nee, nie miere nie, ZEBRAS! |
Hier is te veel kos vir die leeus. Net toe ons dog ons het genoeg leeukos gesien, verskyn daar nog 'n massa diere. Die keer 'n trop van ongeveer 500 buffels. Die lekkerste was verseker om deur die trop te kon beweeg. Binne die trop kom ons toe op 'n buffelbul af met die mooiste horings wat ons nog ooit gesien het!
Oom Buffel |
Ongelukkig, deur al die opwinding, het daar een van die amptenare op ons battery kom piepie. Ek skryf hierdie maar in Afrikaans vir ingeval hulle hierdie 'post' dalk lees. Villiers het die hyena so parkeer om optimale lig te kon kry vir die foto's. Hy was nie eers van die pad af nie, maar volgens die amptenaar was ons "off road". Ons het al van stories gehoor dat hulle jou uit die park jaag as jy van die pad af gaan. En dit was juis ons vrees om op die tweede dag binne ons droompark uitgejaag te word. Die oomie het seker maar sleg opgestaan, want ons het versker nie die reels oortree nie. Herinner my eintlik aan die Krugerwildtuin...
Maar soos dit op hierdie avontuur gaan, is ons weer vinnig opgekikker. Ons was bang dat ons in Pretoria gaan aankom met die luiperdtelling nogsteeds op 0... Maar toe nie! Terwyl ons ry, sien ons 'n groep voertuie langs 'n spruit. Ons besef toe dat daar iets is wat almal na kyk. Op nadere ondersoek sien ons dis 'n luiperd wat lui-lekker in 'n boom le en slaap. Tot ons verbasing spandeer die mense nie 'n lang tyd by die dier nie. Dit kon ons nie verstaan nie, tot ons besef dat ons weer besig was om te oortree. Ons was weer "off road"! Gelukkig was daar die keer nie 'n kwaai amptenaar naby nie. Ons moes jaag, en kon net 'n paar fotos neem. Gelukkig kon ons hierdie een kry:
Uiteindelik, ons eerste luiperd! |
Ons oggendrit het goed afgesluit met 2 Mahems wat nie omgegee het om vir ons te 'pose' nie.
Die 2 modelle |
Die dag kon nie beter uitgeballanseer word as met 'n lekker middagslapie nie. Daarna het ons weer uitgegaan op 'n middagrit. Hierdie keer darm tot 7 uur, nadat ons die reels vir 'n slag weer goed deurgelees het. Die middagrit het weer hordes buffels en zebras opgelewer. Maar ongelukkig was die katte weer stil.
Kameelperd oppad na een van die koppies |
Moreoggend gaan ons weer vroeg uit wees, opsoek na 'n luiperd wat ons vir 'n rukkie langer kan dophou! Hoop jul geniet die reis saam met ons!
Groete van ver
ji
Hoogtepunt vir die dag:
JI: Die briljante lig...kyk net na die fotos!
Villiers: Die groot trop zebras
Laagtepunt vir die dag:
JI & Villiers: Ons sogenaamde oortreeding...
7 comments:
Goeie ouers, maar julle sien omtrent groot troppe wild! Baie geluk met jul eerste luiperd-foto! Gister was julle dag GOED, vandag was dit BETER en ek hoop vir julle part dit is more die BESTE! Daar moet beslis 'n gesonde trop katte in die omgewing wees, want kos is daar oorgenoeg vir hulle. Hoor julle darem ten minste leeus/luiperds in die nag, of is dit stil? Laaste vraag: het die kwaai omie met 'n blou zef bakkie gery?
Dit lyk amazing daar vrinne! Hoop julle ontwikkel nou gou 'n krisis!! Want bliksem: eks jaloers!!! Geniet dit more en dink aan ons wat werk en nie die mooi van die bos nou kan beleef nie. Enjoy!
Ek is mal oor die luiperd foto - kan sommer sien hoe lekker hy le!
ja ZAN, ek stem saam.... kannie meer jaloers wees as dit nie. Maar eintlik net unfair. Die lig is amazing....maar weet sommer julle steek die beste foto's weg vir die artikels. Maar wow is die foto's nogsteeds stunning..... Mnr luiperd is mos nou vir jou lui jong! hahahaha. Lekker aand. T
Dit lyk dalk lekker om so te lê soos daai luiperd, maar GLO MY, dis nie so gemaklik soos wat dit lyk nie!
Stunning julle! Dit lyk ongelooflik daar...
Lyk my die reëls sê die teenoorgestelde van wat nie gedoen mag word nie, soos die spoedgrense in Zambia. Got to love it!! hehe
Geniet moreoggend se lekker laaaang luiperd sighting!
Tjirs
Awesome Awesome!!
Well done julle twee!! dit lyk onsetend mooi daar en die luiperd is verseker awesome!!
Geniet elke oomblik! die meeste wil wat ek kan sien is die eende wat hier rond hang!!
Groette!
It's said that rules are meant to be broken...
A lovely lazy leopard at last! Crossing your fingers does work occasionally!
Awesome pictures! Serengeti as far as the eye can see - so much space! Don't you feel dwarfed by it all??
I bet the sky out there at night is equally spectacular...:)
Post a Comment