Sponsor bar

Sponsor bar
Thank you to our kind sponsors

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog! We designed this website so that we can keep you posted on planning, packing and progress of our massive 70-day trip through 6 African countries early in 2011. The trip starts 20 January 2011 in Pretoria, South Africa, and takes us north through Botswana, Zambia and Tanzania to the legendary Serengeti National Park! From there we will head back south through Malawi, another part of Zambia and Zimbabwe...

Before the trip we will post photos and information on our route planning, vehicle upgrades, packing, equipment, etc. During the trip we will post daily diary entries by means of a satellite phone, so don't miss out! We will be posting in both English and Afrikaans. Please become a follower on this blog and subscribe to our RSS feed.
Enjoy the journey!


Friday, February 11, 2011

DAY 23: Totsiens Selous

Alle goeie dinge moet seker ook tot 'n einde kom! Maar gelukkig vir ons, word dit net beter. Ons kon nie vra om ons tyd by Selous op 'n beter manier af te sluit nie. Dit is nog my en Villiers se lewensdroom om 'n 'kill' te sien, en het vandag amper waar geword! Ons is weer vroeg oggend weg by die kamp op ons laaste 'safari' in Selous. Die plan was om so vinnig moontlik in die distrik van 'Lake Manze' te kom, want dit is leeuwereld! 

Ons droom prooi!
Daar aangekom, was die wild weer volop te sien. Maar vanoggend was dit anders! Verskeie troppe buffels het oor die vlaktes aangestap gekom, opsoek na 'n slukkie water. In ons agterkoppe het ons besef dat ons die laaste paar dae al 8 verskillende leeus in die omgewing gesien het. Die tafel was gedek - die leeus moes net opdaag en eet! Vir 'n uur en 'n half het ons op en af gery saam met troppe buffels opsoek na die eregaste. Maar niks! Ons het al half begin moed opgee, maar toe sien ons 'n senuweeagtige troppie buffels. Hulle was haastig, oppad na veiligheid. Eweskielik sien ek 'n leeu agter 'n bos uitspring. Haar 'target' was duidelik - die jong kalf tussen die 3 koeie! Daar was nie tyd vir bekruip nie. Nee, sy't dadelik aangeval! Selfs Schalk Burger sou trots gewees het op so 'n 'tackle'! Ongelukkig vir ons, gelukkig vir die kalf, was sy ma daar om hom te beskerm. Met een kopstamp was die leeu af van die kalf en haar, asook ons, hoop gebreek!

Nie net ons was dors nie!
Die res van die 'safari' was lekker, maar kon nie die adrenalien 'rush' van vroeer vervang nie! Daar was verskeie buffels, kameelperde, zebras en wildebeeste langs die water. Almal so ietwat senuweeagtig! Ons het ook drie bosvarke gesien - 'n eerste vir my in die wild!

Nee ou grote, dis net 'n kameelperd
Villiers - hard aan die werk op kantoor
Dit was ongelooflik lekker hier by Selous River Camp. Wens ons kon langer hier aanbly! More is dit ons en die lang pad Dar es Salaam toe. Hopelik kry ons 'n lekker plekkie op die strand! Ons droom nou al die laaste paar dae van 'n koel swem!

Ons eerste 'Sunset'



Cheers vir Eers

JI

Highlight of the day:

JI & Villiers : Die 'TACKLE' (Leeu op Buffel)!

Lowlight of the day:

JI: 'Come On' Leeu! Bietjie uithou vermoe!
Villiers: Ongelukkig moet ons Selous verlaat!

3 comments:

ANNIE said...

Ek moet sê ek is soooo bly vir die kalfie se part dat die nog leef! Jammer ouens! Ag dis ook maar hoe die natuur se voedingsketting werk nê? Leeus moet ook eet. Dis weereens pragtige foto's - veral die buffel. Villiers ek hou van jou kantoor. Voorspoed met die tog verder. Lekker slaap.

Unknown said...

Fantastic! A close call is better than none at all! You've still got plenty of time for the real deal!
Great office, Villiers! What will it look like tomorrow I wonder...:)

Almarie said...

Ja dit lyk voorwaar al hoe beter! Sjoe maar julle is ongelooflik gelukkig met al die wild wat julle sien. Hoe klink dit dan of die hitte julle bietjie vang? Onthou Afrika is nie vir sussies nie. Gebruik 'n nat handoek as bo-laken, werk nogal goed as "bos-lugreëling". Veilige reis en geniet elke oomblik!

Post a Comment