Nog 'n lang dag op die pad! Gisteraand het ons gedink ons stel ons horlosies een uur vroeer, maar ongelukkig skyf die son toe nie met 'n uur aan nie. Toe ons vanoggend 05:30 die tent oop zip, vind ons dit nog pik giet donker, net om te onthou dat ons 'n uur vroeer op is as gewoonlik...
Ons is toe uiteindelik 08:00 uit Mbeya, toe nog oppad na Mikumi. Maar oppad besluit ek en Villiers ons gaan aanstoot om in Morogoro te kom. Die pad tussen Morogoro en Selous is blykbaar rybaar, en daarom gaan ons eerder Dar es Salaam uitsny en direk na Selous toe ry. Ons het more ver om te ry, so ons klim maar vroeg in die bed vanaand.
Mbeya na Iringa - ons het seker verby 'n honderd trokke gery! |
Die landskap in Tanzania is magies! Baie mooier as in Zambia. Die pad het tussen die berge deur gekronkel, op en af, deur klein dorpies, plantasies en plase. Oor die algemeen was die pad se kondisie baie beter as die 'Great North' in Zambia, maar dit was nog steeds nie ideaal nie. Ons moes mooi kyk vir ongelyke oppervlaktes asook spoedhobbels! Net soos in Zambia, moes ons maar katvoet wees vir die onbeskryflik baie trokke, want hulle dink regtig die pad behoort aan hulle!
Mense was daar orals te sien! |
Ons het al langs die pad gesoek na 'n plaaslike sim kaart, maar dit was omtrent onmoontlik. Uiteindelik het ons een in Iringa gekry, maar ongelukkig vir my was alles in Swahili! Na 'n halfuur se frustrasies en baie gesukkel kon ons uiteindelik uitvind wat die 'sim' se nommer is. Dit was alles die moeite werd, want niks kan daardie oproep tussen jou en jou meisie vervang nie!
Mikumi Nasionale Park |
Uiteindelik het ons na Iringa weer vir 'n kort end deur 'n Nasionale Park (Mikumi) gery, net om ons (en julle) te herinner, hoe diere lyk.
'n Serengeti... |
Groete
JI
Hoogtepunte:
JI: Om weer bietjie diere in Mikumi te sien.
Villiers: Die landskap in Mikumi.
Laagtepunte:
JI: Tanzania se spoedgrense.
Villiers: Tanzania se hobbels.
5 comments:
cool man.... die omgewing lyk baie mooi! was die serengeti darem lekker.... soos wat proe dit as jy dit mut vergelyk?? Ek moet se dankie vir die moeite...dit het my dag gemaak, veral na min slaap! kannie wag om te sien wat selous vir julle inhou nie! Geniet dit in morogoro vanaand! lekker slaap T xxx
Hi, Manne!! Waarom sal 'n mens Dar toe gaan as jy wille-diere, plaaslike bier en vriendelike mense langs die (stadige!) langpad kry? Julle blog is 'n daaglikse hoogtepunt - dankie dat julle die ongelooflike ervarings met ons almal tuis deel! Kan nie glo julle is al amper in Selous - geniet,geniet, geniet!!! E en E
Uiteindelik is julle daar en die 'smiles' word nie minder nie! Ek moet sĂȘ die lekker bord kos het nogal dadelik my aandag getrek. Lyk of julle fluks vorder, hoop ons gaan nou bietjie landskap en wild-foto's ook sien. Geniet elke oomblik. Wildtuinliefde...
More more!!
MMMM lekker lekker biertjie en kossies!! ek is baie bly oor die simkaart!
Sterkte vir die pad en hou die blink kant bo!!
Ek is bly julle vorder so goed en sonder probleme. JI, jy moet bietjie Ndlovu bier ook probeer. Dis die een met die Olifant op die label.Ej fdan is daar Kilimanjaro - my favourite bier in Tanzania. As julle vars boomtakke op die pad sien dan vervul dit dieselfe rol as rooi driehoeke in SA - om die draai staan 'n stukkende lorrie halflyf in die pad. Busse en vragmotors gebruik ook hul flikkers om te wys die pad is skoon voor en jy kan verbysteek. Ongelukkig werk die seine andersom as in SA - so check dit eers mooi uit! Geniet Selous!
Post a Comment