Sjoe, hierdie 'trip' is sekerlik een van hoogte- en laagtepunte. Ons was vanoggend vroeg op, of te wel, ek was. Villiers het gisteraand so warm gekry, dat hy so mal was om met oop hutvensters te slaap - die uiteinde daarvan was dat ek hom probeer verduidelik het dat my vleis anders is (met ander woorde lekkerder as syne!). Ek het gesukkel om te slaap en was weer vroeg wakker. Daar het omstreeks 04:00 'n paar leeus besluit om te brul, en dit was juis hulle na wie ons 06:00 gaan soek het.
Met sulke mooi strepe sou ek nie so sku gewees het nie! |
Die veld het die afgelope paar dae baie water gekry. In hierdie omstandighede maak die veldwagters baie van die paaie toe (hulle is nie meer lus om laat aand mense te gaan uitsleep nie). Dus is ons leeujag beperk tot die 'main road', - 'n tweespoorpaadjie wat die bakkie ook maar toets. Water is orals in die veld beskikbaar, wat beteken dat die diere nie so vollop is soos in die droe seisoen nie. Maar omtrent 15 im buite die kamp kom ons toe op vars leeuspore af. Nie ouer as 30 minute nie! "Hierdie leeus is naby" se Villiers, en die jagtog begin!
Ons ry op en af, soek links en regs, draai toe op 'n tyd by 'n onbekende paadjie in, met die wete dat die pad baie sleg kan raak. Maar ons was vasberade, katte moes in die sig van ons lens verskyn. Die senutergende soektog het vir sowat 40 minute aangehou. Net om te sien dat hulle toe weer terug op die "main road" gestap het, en op een plek saam met ons hoop in die ryg bos verdwyn het. Dit het my skoon depresief laat voel. Vyf dae al op die 'trip' en nog geen katte.
Na 'n lang middagslaapie (4 ure!) het ons weer nuwe hoop gehad, en weer na die omstrede katte gaan soek. Die keer darm geen vars spore om my senuwees te toets nie, maar ons is wel bederf deur twee witkwasjakkalsie wat in die pad afgedraf gekom het.
Pragtig, maar ongelukkig nog nie 'n kat nie. (Witkwasjakkals) |
By Datema dam wou oom Seekoei nie sy tuiste met ons deel nie en ek en Villiers moes vinnig sorg dat ons nie in sy pad beland nie.
Sy tanne lyk beter as myne |
Ek, Rhinos en Villiers |
JI
Ja, dis is so lekker soos wat dit lyk. Ons braaiplekkie by Robins. |
Hoogtepunte:
JI: Hoe goed ek in my uitrusting lyk, Yeah!
Villiers: Die leeujag ekspidisie.
Laagtepunte:
JI en Villiers: Geen leeus op ons leeujag ekspidisie.
9 comments:
Jinne ma eks bly eks nie daar om jou uit te haal oor jou pakkie nie......Glad nie iets oor om trots te wees nie.hehehehe. Vilj jy moet hom bieq reg help man! Jammer oor julle leeujag. Julle gaan nog baie sien so moenie te vinnig moet op gee nie! Die kamp plek lyk ongelooflik....maak 'n mens jaloers om julle so lekker rustig to sien. Stunning foto's... wi het geneem??? ek so ook nie in daai mannetjie se pad wou kom nie, ook ma goed hy het in die water gebly!!!! Hoop julle dudu lekker vanaand. XXX T
JI bra, wat het jy aan?!
Hallo tjommas! JI, moet se jou nuwe mode is uit die boonste rakke!!! Jy gaan Masuma dam love, dit is vrek nice. Hou van julle foto van die seekoei, goeie werk. Geniet julle dag!
Servaas en Liese
Hey Julle!
NICE hemp daar...moet se dit vang die oog. Baie nice foto's. Hoop dat die volgende leeujag ekspidisie gaan beter vir julle 2.
Geniet dit.
B
Hoop julle geniet dit boeta- love die fotos
Morne
Masuma Dam is die beste! Jammer julle kan net 1 nag hier oorbly! Kannie wag vir die foto's van die 1000de olifante wat kom water drink, nie. Geniet elke oomblik van julle trip, julle is baie gelukkig en bevoorreg om so iets te kan mee maak.
Enjoy!!!
Hi, julle twee Willemanne! Robins laat my baie ver terugdink aan die wonderlike mense , ideale kombuis en heinas in die badkamer (hehe) wat die twee tjokkers se broeke so laat bewe het.... Ek hoop julle het tjoklits saamgeneem vir die personeel?! Geniet die "damkampe" saam met die katte (ek hou duim vas vir geselskap, JI!) Esther
Ai julle, ek wens julle was ALMAL hier saam met ons! Die gees is goed, die weer lekker (nat) en die diere vol speletjies - ons love elke oomblik! Dankie dat julle die blog volg en comment - dis die lekkerste vir ons om elke aand hier te sit en lees wat julle skryf en dink. Tot later!
JI, ek moet sĂȘ die 'ligkransie' bo jou kop vergoed darem vir die effens vreemde uitrusting! Bly om te sien die 'gees hou goed'. Ek is regtig beindruk met die foto's. Geniet elke oomblik!!!
Post a Comment