Sponsor bar

Sponsor bar
Thank you to our kind sponsors

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog! We designed this website so that we can keep you posted on planning, packing and progress of our massive 70-day trip through 6 African countries early in 2011. The trip starts 20 January 2011 in Pretoria, South Africa, and takes us north through Botswana, Zambia and Tanzania to the legendary Serengeti National Park! From there we will head back south through Malawi, another part of Zambia and Zimbabwe...

Before the trip we will post photos and information on our route planning, vehicle upgrades, packing, equipment, etc. During the trip we will post daily diary entries by means of a satellite phone, so don't miss out! We will be posting in both English and Afrikaans. Please become a follower on this blog and subscribe to our RSS feed.
Enjoy the journey!


Saturday, March 26, 2011

DAY 66: Uiteindelik kry ons bietjie oefening!

Hi daar!

Hoop dit gaan nog goed met julle almal! Ek het nogals lanklaas 'n dingetjie geskryf, so verskoon die spelfoute... Nee grappie, seker Villiers sal sorg dat daar geen is nie. Dit is vandag alreeds dag 66. Dit is ongelooflik, tyd vlieg darm! 

Die vroee-oggend Mashatu bos
Ons is vanoggend vroeg op om die Mashatu bos beter te leer ken. Maar die keer te voet. Dit is altyd lekker om so vroeg bietjie aktief te wees, veral as jy die laaste twee maande op jou agterent deurgebring het. Elvis, ons sprankelende gids, het gesorg vir vele vermaak, maar ongelukkig was musiek en sang nie deel daarvan nie... Hy het al die kleiner dingetjies wat mens gewoonlik miskyk uitgewys. Die stap het op 'n uitstekende klimaks geeindig, bo op 'n krans wat bo oor 'n droe rivierloop uitkyk. So uitsig het ek nog nie in Pretoria gesien nie!!

Ek en Elvis...
Villiers geniet die uitsig.
Ons het net terug by die voertuig gekom, toe hoor ons 'n luiperdparingsroep vanuit die omgewing waar ons minute vroeer was! Ons moes reg langs hulle verby gestap het en die twee wittebroodkatte nie eers opgemerk het nie. Vir 10 minute lank het ons gewag maar hulle wou hulself nie wys nie. Gelukkig het 3 hienas vir nog bietjie meer vermaak gesorg. Terug by die kamp het ons weer ingespring en onsself trommeldik geeet, en daarna net voor die tv gaan plak... 

Nes 2 kinders in 'n swembad.

Villiers het vanmiddag besluit om nie saam te gaan op die middagrit nie, sodat hy bietjie kon opvang met sy ou vriende. Ek is wel uit en almal op die voertuig wou baie graag 'n luiperd sien, maar ongelukkig het die kat ons weer ontwyk. Na sowat 'n uur se ry, merk ek 'n opmerking dat die bos baie stil is, en WHALA, daar staan 'n jong olifantbul voor ons. Nie 500m verder nie kry ons toe 'n jaluiperdwyfie, ook trommel dik, le en sweet van die hitte.

Dink haar pens en Villiers s'n is omtrent ewe vol...
Altyd op die uitkyk vir gevaar
Na sowat 20 minute saam met die wyfie het ons weer aanbeweeg, nogsteeds opsoek na daardie luiperd. Fish, ons gids vanmiddag, merk toe 'n rooibokkarkas in 'n boom op. Na 'n oogwink en uitmintende 4x4 vermoens staan ons toe onder die boom, maar weereens is die skugter kat nerens te sien. Ons het toe maar weer verder gery en naby 'n troppie rustige olifante gestop vir 'n 'sundowner'. Op die nagrit terug kamp toe het ons nog 2 jagluiperde gesien. Ongelukkig is my fotografiese vermoens nog nie (klem op die "nog nie") op profesionele standaard nie en het ek gesukkel om die ma met haar welpie met net die kollig af te neem.

Moreoggend gaan ons weer vroeg opstaan, maar die keer gaan die luiperd-man saam. Hopelik kan Viliiers dan bietjie wys wat hy vir 4 jaar op Mashatu gestudeer het...!


Geniet die laaste deel van die naweek asook die laaste deel van ons toer.

Groetnis
ji

Hoogtepunt van die dag:

ji: Die eerste jagluiperd 'sighting'
Villiers: Die stap saam met Elvis


Laagtepunt van die dag:

ji: Om te hoor dat Nala, Talita se hond siek is!
Villiers: Gister se krieket, nogsteeds!

2 comments:

Talita said...

Dit lyk vrek mooi!!!!! EN wat n jaagluiperd foto.....flippen nice. Nala is hopelik ok.....geniet elke oomblik julle....die tyd raak nou min! lekker slaap! T

Rainer Semper said...

Hi guys,

we met at the bar of Chitimba Beach in Malawi an talked about photographing, travelling, Botswana etc.

Unfortunately we were robbed 3 days ago at Cape Point and we do not have our computer with your e-mail any longer. We have to go to Pretoria to our embassy tomorrow or on Tuesday. Do you know what the best way is to go there from Joburg or Centurion? Bus, train, ...?

It would be great, if you could send us an e-mail.

Thanks in advance,
have a good and safe trip home,
Rainer Semper

PS: If you are interested, I can tell you the whole story in a mail.

Post a Comment