Sponsor bar

Sponsor bar
Thank you to our kind sponsors

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog! We designed this website so that we can keep you posted on planning, packing and progress of our massive 70-day trip through 6 African countries early in 2011. The trip starts 20 January 2011 in Pretoria, South Africa, and takes us north through Botswana, Zambia and Tanzania to the legendary Serengeti National Park! From there we will head back south through Malawi, another part of Zambia and Zimbabwe...

Before the trip we will post photos and information on our route planning, vehicle upgrades, packing, equipment, etc. During the trip we will post daily diary entries by means of a satellite phone, so don't miss out! We will be posting in both English and Afrikaans. Please become a follower on this blog and subscribe to our RSS feed.
Enjoy the journey!


Friday, January 21, 2011

DAY 2: Van Jacaranda tot Lala Palms

Vanoggend het ons opgestaan met baie hoop in ons harte, wel versker om die renoster-telling op te kry. Net om agter te kom dat al ons geld 'missing in action' is... Na 'n uur en 'n half se soek, die bakkie se laaisisteem uitmekaar gehaal, en alles afgepak, het ons nogsteeds nie die 'shjeld' gekry nie. "Ons is in die sop!" was my eerste gedagtes, en net daarna onthou ek dat ons die trommels herrangskik het en Villiers se 'Camelback' in 'n daktrommel ingepak het. Net daar vind ons die geld en baie sweet en frustrasies verander in trane van blydskap!

Twee ure later is ons weer op die pad vanaf Khama Rhino Sanctuary na die wille Makgadikgadi Nasionale Park. Op die pad tussen Francistown en Nata merk ons die donker reen wolke op, asook waterstrome langs die pad - 'n bewys dat dit nie lank terug hard gereen het. Ons bly darm die heeltyd reg agter die swaar bui.

Die gevreesde storm in die Makgadigadi Nasionale Park.


Net voor Nata kry ons 'n sms van Talita (my meisie) dat Martin Bester van Jacaranda 94.2 oor 10min op die satellietfoon met ons wil praat. Daar en dan trek ons van die pad af en binne 3min is ons gereed om met hom te gesels, alles te danke aan Sat4Rent se satellietskottel natuurlik! Martin het so vinnig uitgevra oor ons beroepe, ons roete en wat ons alles beplan om te doen. Lekker! Om te dink 'n mens praat sommer so langs die pad, tussen niks en nerens, met iemand in die stad...!

Villiers praat met Martin Bester.


In Nata het ons met petrol opgevul, met die wete dat ons oor 2ure by Khumaga, ons kampplek vir die aand, moes wees. Volgens die GPS was ons nog 240 km van ons bestemming. Krisis! Met al die reen in die lug en water langs die pad het ons besef dat ons dit glad nie voor donker gaan maak nie. Wat die spanning nog meer gelig het,was die wete dat daar nog 'n 'Veterinary Check Stop' voor gele het en ons heel moontlik sonder 'n vleisie in die magie sou gaan slaap het. Die landskap het vinnig verander vanaf digte Mopanieveld na groot oop vlaktes met panne vol water.

JI se verwelkoming by die panne

Ons plan was om by die eerste Makgadikgadi Nasionale Park-bordjie af te draai, om uit te vind of die GPS nie deurmekaar geraak het nie. By die bordjie draai ons toe af en ontmoet die twee vriendelikste hekbeamptes in Botswana. Nog voordat ons hulle kon vra, stel hulle voor dat ons eerder vanaand by Njuca Hills slaap, want ons gaan nooit Khumaga voor sononder haal nie. Ons kon nie meer met hulle saam stem nie, en is vinnig weer oppad na Njuca Hills. Teen ons verwagting ry ons op die mooiste, sagste, lekkerste tweespoorpaadjie! Geen modder (ons vrees as gevolg van die reen) en ook geen stof. En bitter vinnig verander ons gedagtes en gesprekke van Jacaranda na Lala Palms...

JI
'n Uitsig om van te droom!

3 comments:

Talita said...

Dit lyk asemrowend!!!! na julle geld storie is alles seker net smiles! ek dink die hele land praat al oor julle tripie..... wel eks skoon jaloers! Hoop julle slaap lekker by Njuca Hills en dat julle verwagtinge van renosters sien vervul word! keep it real.....

Villiers said...

Die kampie hier by Njuca Hills is baie afgelee en totaal en al in die wildernis! Hier is geen ander mense nie en geen draad om die kamp nie. Al wat hier staan is twee longdrops, twee emmerstorte en 'n klomp bome op die vlaktes. Dis hemel op aarde!

Rayno Button said...

Awesome!! Mens moet rerig waar net somtyd daai rustige natuur in jou lewe he!!

Post a Comment