Sponsor bar

Sponsor bar
Thank you to our kind sponsors

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog

Welcome to the Serengeti Trip 2011 Blog! We designed this website so that we can keep you posted on planning, packing and progress of our massive 70-day trip through 6 African countries early in 2011. The trip starts 20 January 2011 in Pretoria, South Africa, and takes us north through Botswana, Zambia and Tanzania to the legendary Serengeti National Park! From there we will head back south through Malawi, another part of Zambia and Zimbabwe...

Before the trip we will post photos and information on our route planning, vehicle upgrades, packing, equipment, etc. During the trip we will post daily diary entries by means of a satellite phone, so don't miss out! We will be posting in both English and Afrikaans. Please become a follower on this blog and subscribe to our RSS feed.
Enjoy the journey!


Saturday, January 29, 2011

DAY 10: Tiere Plesier

Dit is ons tweede dag by die asemrowende Mlibizi en vandag is die volgende groot jagtog op ons reis, - die soektog na tiervis. Die reenerige weer het nie ons missie makliker gemaak nie. Ons was so opgewonde oor die dag dat ons alreeds 06:30 ons visstokke begin regmaak het, met die wete dat ons eers 7:30 ons gids ontmoet. Dit het gelyk of ons 'n film op die meer gaan skiet met al die kamaratoetusting wat Villiers saam gevat het!

Dis hoe Villiers dit doen, met 'n Coke in die hand, natuurlik!
As gevolg van al die reen was die water baie vuil, en wou die vis vir die eerste uur glad nie byt nie. Ons gids, Joshua Mudenda, was vasbeslote dat ons wel tiere sou kry. Hy neem ons toe 5km stroom af, in Binga se rigting, en draai by 'n baie skoner baai in. Ons het nie lank gestaan nie, toe begin Joshua die Kurpers (of eerder Bream, soos dit hier bekend is) een na die ander in te trek. Ek en Villiers was nie opsoek na die klein vissies nie, maar eerder die vis wat hulle as prooi beskou! Na 'n hele klomp gooie, het ek uiteindelik 'n byt gehad, en so ook die eerste Tier van die dag uitgetrek. Daarna trek Joshua die grootste tier van die dag uit. Dit het Villiers baie opgewonde agter die kamera gehad.

Joshua en sy monster
Na 'n hele paar uur, sonder enige byte, en verskeie nuwe plekke, het ek uiteindelik my tweede en laaste Tier vir die dag uitgetrek. Teen die tyd het ek gewonder of die tiere ook so skaars gan wees soos die katte in Hwange.

Nie so groot, maar darm op die boot...
Die dag het al hoe langer geword en die son het ook later besluit om in te loer. Ek moes toe maar instem om 'n ander dag my 6kg droom Tier te kom soek. Een ding waaroor en nou sit en wonder: Hoe sou Villiers 'pose' vir 'n foto met sy vrees vir die vis reuk?! 

Ek het darm nog al my vingers!
Maar ek moet dit vir Villiers gee, hy het darm hard probeer om 'n vis uit die water te haal. Net jammer die oomblik wat die vis sy stok byna van die boot afgetrek het, was hy bietjie stadig. Sy dag sal nog kom!

 JI



Hoogtepunte:

JI: Villiers se gesig toe hy die grote mis!
Villiers: Toe 'n groot Tiervis uiteindelik gebyt het.


Laagtepunt:

JI: Net 2 visse vir so lang dag.
Villiers: Dat ek nie naby my stok was, toe 'n groot Tiervis uiteindelik gebyt het nie!

6 comments:

Talita said...

Dit is 'n groot een....Geluk Joshua, wow! Ma skat joune is mooi jong!!!! Mnr Vilj....jy gaani so 'n vis vang nie. Jy moet maar 'n paar tips vang voor jy die vis kan vang. Maar my sussie se sy "like" hoe jy vang....Lekker gechilled met natuurlik die coke...hehehehe! Jammer oor die vuil water....jy sal oppad terug jou grote kry.....jy beter!!!!! Ek kan dink julle is moeg na 'n lang dag op die water... Lekker slaap vanaand. T

Vrankois said...

Ek is so bly niemand het viners verloor met die tiervis vangery nie! Mooi so JI, jy kan die tiervis opstop en eendag bo jou kaggel hang...(he he)Villiers, ek is seker die visse weet jy is algergies vir vis en bly dus liewer weg van jou! Geniet die Valle.

Almarie said...

Ag, maar dis 'n behoorlike 'manne-fees'! Visvang is gladnie vir my 'n begeerte nie, maar as dit 'n vereiste sou wees om op so 'n trippie te kon gaan, sou ek selfs ook 'n visserman word! Geniet jul laaste 60 dae...

Anine said...

Heyhey! shoe, daai tande lyk maar bietjie grillie - Villiers ek's bevrees hierdie gannie help om jou oor daai visfiemie te kry nie...:-)Maar moet se dis soos die ultimate rustigheid opi boot met 'n ou visstokkie en coke..maar JI dit lyk my jy doen ali harde werk!Hehe.. enjoy julle Sondaggie baie!

Rayno said...

Hallo!!!

Awesome Fotos van die visse!! dink dis 'n ondervinding wat meeste hengelaars graag so wou he!!!! well done ! Dis rerige mooi visse, Jammer oor "the one that got away"!! Maar daar sal 'n volgende keer wees!!

Louise said...

Tiervis is nie een van die maklikste goed om te vang nie. Baie geluk met die visse, hulle lyk mooi. Joshua s'n is 'n bielie. Daar by Binga is 'n vissermans-lodge, Masuma River Lodge, wat al vir jare leeg staan. Mens kan sien dat dit eens op 'n tyd 'n baie "fancy" lodge moes gewees het. Daar binne is 'n klomp troffee tiervisse teen die een muur. Ek wonder of iemand al in tussen die lodge opgeknap het. Skynbaar ook 'n goeie deel van Kariba vir tiervis vang. Dit is ook hier waar Brett Mac Donald se boothuis, Lady Jaqueline, gemeer le. Geniet jul trip verder. Die lekkerste le nog voor!

Post a Comment